As die Posman Rou

As die posman rou. - Wenbrief, Leef tydskrif, April 2015

Daar is 'n klop aan die deur. My man staan op om te gaan kyk wie dit is. Ons kuier vir die middag by my ma en sit almal met 'n beker boere-troos.

"Waar is daai oubaas? Ek sien nie hom in die tuin nie."

"Daai oubaas, hy is dood!" antwoord my man.

"Haikona! Daai kannie wiesie! Stomgeslaan, sweet wat blink oor sy gesig, draai die posman om, klim op sy rooi fiets en ry weg.

Ek en my ma sit met groot oë na mekaar en loer. Wat is daar om te sê. Ook ons is stomgeslaan.

Dit is nou 'n paar weke sedert my pa twee dae na sy sewentigste verjaarsdag oorlede is aan 'n hartaanval in die kerk. Hoe kan dit waar wees. Twee weke voor Kersfees, vyf dae voor ons almal saam sou vertrek vir ons jaarlikse see vakansie in Vleesbaai. Drie dae voor my ma se groot aftrede waarna ons almal so lank al uitsien. Hoe kan dit waar wees.

Die lewe wat ons voorheen geken het is weg. Vir ewig. Ek voel asof iemand 'n uitveer gevat het en dit oor my lewe getrek het en nou is dit alles weg, daar is geen manier om daarheen terug te keer. Ek het al gehoor hoe mense dit beskryf asof in 'n droom. O nee. Vir my is dit alles ewe skielik net te helder.  Soos om in die vol son te staan in 'n woestyn sonder oease en sonder 'n sonbril. My pa is weg, my vriend is weg, my raadgewer is weg, my eerste liefde is weg, my hero is weg, my kinders se oupa is weg, my veilige plekkie is weg, my lekker lag alles is ok pappa is weg.

Om elke oggend wakker te skrik is die ergste - dit is asof jy elke oggend van voor af met 'n skok besef  - my pa is dood. Ek sleep myself uit die bed, die uitveer het voorwaar 'n spierwit lee bladsy agtergelaat. Elke dag is 'n stryd. Ons moet nou 'n nuwe storie skryf. Hoe skryf jy 'n storie so teesinnig.

Soos ek een middag in die verkeer ry besef ek skielik dat ek na die motoriste om my kyk en by elke kar sit en wonder - het hy of het hy nie...skielik is daar twee groepe mense - diè wat 'n pa het en diè wat nie 'n pa het nie. Die wat het kan nie verstaan nie en soms, diep in my binneste is ek kwaad vir hulle. Dit is my geheim.  Selfs sommige wat nie meer het nie, het vergeet en verstaan ook nie regtig meer nie. Ek wil nooit vergeet nie.  

Terwyl ek so sit en wonder oor die twee groepe waarin ek skielik die hele samelewing wil verdeel besef ek ek is steeds deel van diè wat het. Geen mens, geen ding, geen begrafnis, geen afstand sal ooit maak dat ek nie 'n pa het nie. Ek hèt die beste pa in heel die wye wêreld. Die storie wat ek van nou af vorentoe moet skryf is dalk nie hoe ek dit beplan het nie maar die deel wat ek reeds geskryf het is so vol wonderlike wyshede, liefde en herinneringe! Wat 'n ongelooflike reis met 'n pa soos diè  - selfs die posman rou.

Daar is geen uitveer groot genoeg om die storie van my pa uit te vee. Ek het 'n pa, hy woon nie meer op die aarde maar vir ewig in my hart... en so begin my nuwe storie. - Nadea Victor

 

Van Spook jagter tot Spook wagter

Van Spook jagter to Spook wagter - 2011

So maand gelede is my kleinsus se skoonpa skielik oorlede. Die begrafnis was in Durban en na ‘n lang dag se ry gaan hulle by haar skoonsus tuis. Pootuit van die langpad val hulle sommer in die eerste en beste bed vir ‘n bietjie welverdiende rus. In die vroeë oggendure word my sussie wakker van ‘n sms op haar foon. In ‘n oogwink is sy wawyd wakker  – ‘n koue rilling gaan teen haar rug af toe sy sien dit is ‘n leë sms van niemand anders nie as skoonpa!  Natuurlik is ‘n goeie nagrus toe vergete en die res van die nag was ‘n gestoei en stamp met “spookpa”.

Dit laat my dadelik dink aan Robbie Wessels se liedjie wat lui “is daar sein in die hemel, as daar is, stuur vir my ‘n boodskap.”

Ek onthou die tyd toe ek in die laerskool was en my oupa Doepie skielik dood is aan ‘n hartaanval. Verseker sal ek nooit die vreeslike hartseer in die begraafplaas vergeet nie. Ek sien nou nog hoe ouma die lykswa laat stil hou en die oom met die swart pak vra of sy dan net nog vir oulaas so entjie saam met oupa kan ry tot by sy laaste rusplek.

My kinderhart was totaal onvoorbereid op die vreeslike realiteit van dit wat by ‘n begraafplaas gebeur. Ek dink my oë wou uit hul kaste klim toe ek besef dit is oupa daar in die kis en hulle is besig om hom in die gat te laat sak! Kan niemand van die grootmense dan keer nie?

 Om nie eers te praat van die tannie met haar kamera nie – meeste families het mos maar so kamera-oom of tannie. Altyd om elke hoek en draai gereed vir “diè oomblik”. Sy kiek vir die vale. Dit is die een foto op die ander en hiervan verstaan ek nog minder, kameras en “smile” gaan mos altyd saam. Hier is absoluut niks om oor te smile nie en nog minder om af te neem. Net rooi oë, wit sneesdoekies en swart kerkskoene vol stof.

 Min het ek daardie dag besef dat hierdie eerste kennismaking met die dood die begin sou wees van maandelange slapelose nagte.

 Skielik was daar soveel moontlike wegkruip plekke vir oupa se spook in my kamer. Ek onthou soos gister die beklemming om my hart as dit slaaptyd raak. My spookjag eskapades het ‘n daaglikste instelling geword. Die ritueel het begin deur seker te maak al die deure van my kas is stewig toe. Die groot teddie op my bed moes elke aand in presies dieselfde posisie wees. Meeste van ons weet tog hoe bang ‘n donker teddie- skaduwee kan maak! Getrou het ek elke aand langs my bed op my kniee gegaan, asem opgehou en dan vinnig die groen nagval opgelig om seker te maak daar skuil niks in die donker onder my bed nie. Vandaar het ek in die bed geklim – dit is waar die harde werk eintlik begin het – dit was lewensbelangrik om seker te maak ek is van my oor tot my toon toe onder die kombers en dan, soos dit elke ware spook jagter betaam, moet jy heelnag seker maak nie ‘n voet, hand, toon of vinger steek uit of hang dalk oor die randjie van die bed nie. Natuurlik wil jy nie slapende spoke wakker maak nie!

Vir maande het dit so aangehou tot die vreeslike bang van oupa in ‘n kis wat daar in die gat wegsak bietjie minder begin raak het.

Nou is ek “groot”, het self drie klein kindertjies en dit is weer begrafnis tyd.  My hart is stukkend want  die keer is dit my liewe ouma Doepie. Wat ‘n voorreg om haar tot op die ouderdom van 88 by ons te kon hê. Wat sou ek nie gee vir net nog so bietjie tyd nie.  

Een van my eerste gedagtes is,  “Ouma, jy weet hoe vreeslik lief ek vir jou is, maar ek, ouma en ‘n kis. Nooit! Ek besluit dan sommer dadelik dat hièrdie, een familie geleentheid is wat my kroos nie gaan meemaak nie!

Op die ou end staan die familie saam en  is ouma se afskeid ongelooflik, mooi, en vol helder geel rose! Dit is ‘n pragtige sonskyn dag, van ‘n kamera is daar nie sprake, en stof op ons skoene is daar nie!

 Anders as jare gelede is ek nie bang vir slaaptyd nie, o nee, want nou is ek nie meer ‘n spook jagter nie maar ‘n volwaardige spook wagter. Skielik kan ek  nie wag om te gaan slaap nie want elke dag is daar so bietjie hoop dat daar dalk tog iewers ‘n konneksie is tussen my wêreld aan die kant en ouma s’n aan die ander kant.

Terwyl ek so na my sussie se sms-  en spookkanades luister besef ek dat ek net so bietjie jaloers is want net dalk is daar tog sein in die hemel. 

 As daar is, ouma, stuur tog vir my ‘n boodskap! - Nadea Victor

Tribute to a dear friend.

Tribute to a dear  friend - Cape Jewish Chronicle, August 2014

I  feel my heart beat faster as I notice the long line of cars parked outside the gates of the Jewish Cemetery.  I'm attending my first Jewish funeral - my friends' dad passed away last night after they found out early in February that he is very ill.

As I walk up to the main funeral hall I see that it is already packed with friends and family.  Other than funerals that I've been to in the past, most of the congregation  is standing around inside talking, hugging, some crying and others smiling as they swop stories and memories of Stanley.  All of a sudden the gentle hum of voices go quiet as the Rabbi informs us that the mourners will now enter. My heart breaks as my dear friend, her husband, daughter, mother and brother enter the hall to take their seats in the front. Grief is making them look different to what I'm used to.

The casket is brought in. I'm struck by the simplicity of it. It is a plain light brown box with rope handles.  On top there is a black cloth with what looks like embroidery from my corner in the back. No flowers, no fancy shiny handles, no slide show, no music.  Plain. Simple. Raw.

There will be no eulogy for the beloved Stanley today as it is Pesach. As I look around me I realise that the eulogy is all around me, every single person that showed up a testament of all the lives touched by my friends loving father. Sometimes we don't need words.

During the sermon I'm touched by the sense of peace, quiet and calm created through the Rabbi's prayers. This is kept short and we are all asked to follow the casket and mourners to the grave outside where the grey skies echo the grief carried in the hearts of my friend and her family.

As we proceed through the graves I notice a Rabbi standing quietly to the side of the path.  As I walk past I hear the whisper of his prayer carried like feathers in the wind to spread through the cemetery.  I'm so touched by this gesture.

As even the wind seem to cry, with tears flowing,  my friends father is laid to rest. To the side of the grave there is a pile of sand with shovels.  My heart breaks for my friend and her family as they step forward to prepare for their final act of honouring their beloved  by throwing dirt onto the coffin.  I cover my heart with my hands , I do not know where they  find the courage and the strength .

I turn away to catch my breath and I'm struck once again by the raw honesty and simplicity of what I witnessed today. Still there are now flowers, no music. Only grey skies and the sad whisper of the wind.  Honest grief.

I know that as days turn into weeks, weeks turn into months and my friends' heart start to heal, the footprints of her fathers' love will remain in her heart forever. We are busy writing our own eulogy with the gift of every day. It is not about how much we acquire in this life but about the footprints of love we are leaving behind.

We come into this world with God's love. We leave this world with God's love. We are all the same.

In death as in life less is sometimes still more than enough.

We say goodbye. Howling wind, grey skies and loves footprint all around.  - Nadea Victor

A Nation left without hope.

A NATION LEFT WITHOUT HOPE

In light of the upsetting news about Oscar Pistorius over the last week I find myself wondering why  I feel so deeply  upset by this particular murder. It has made me cry, made me swear, made me pray, kept me awake at night and kept me glued to social networks, newspapers and radio stations.

I can’t say that I’ve ever been a particularly big Oscar Pistorius fan, neither have I ever really followed his career or life story yet I “know” the blade runner and like the rest of the nation have always felt a great sense of inspiration and wonder when reading about this  talented athlete in newspapers and magazines. What a story of inspiration. He has given us hope. People across the world look at this person who, against all odds, have accomplished more than most of us will in our lifetime. His story fills us with a strong believe that nothing is impossible, that dreams do come true and we continue to hope.

Whether that hope  is for a better life for ourselves, bigger dreams or a world where people live together in peace, people like Oscar Pistorius lets us believe that anything is possible and we keep hoping. They say hope is what keeps us alive.

How did it happen that a person that brought so much hope to people around the world finds himself caught in the middle of the worst nightmare most of us can possibly imagine?

If a hero that the whole world looked at with such admiration and wonder can fall to such depths in the split second that it took to fire the first bullet – where does that leave the rest of us? Shocked, speechless, anxious and devastated?

Could it be that the feeling deep down in the pit of my stomach, that thing that is keeping me tossing and turning through the night is the fear of a nation left with no hope.

As die wêreld se trane opdroog.

AS DIE WERELD SE TRANE OPDROOG

Huil, sê my verklarende woordeboek is die proses van  1.trane stort, skei, ween. 2. ‘n Huilende geluid maak, tjank oor ‘n gebeurtenis wat  in ‘n hoë mate bedroewend of ergerlik is, ‘n huilende wildernis, ‘n verlate plek….ek lees dit so tussen my eie trane heen hier waar ek toegedraai in my oorle ouma se liefde-kombers in die flou lig van my bedlamp sit. Ek kruip weg sodat my eie hartseer ver weg van die oë van die wêreld oor my wange kan spoel.

Soggens loer ons vinnig na die hoofopskrifte in die koerant : Politieke korrupsie, plaas moorde, gesins moorde, myn moorde, verkragting van ons land se kinders, vrouens en bejaardes.  Ons frons effe as ons lees van die verminkte lyk van ‘n jong tiener wat sonder arms en bene in ‘n veld gevind is en  sluk vinnig die laaste bacon, eier en boerewors met ‘n warm teug koffie af voor ons die kinders in die motor  laai en ons dagtaak aanpak.

Op die radio in die motor luister ons die oggend nuus – hulle vertel van nog vermoorde renosters, padongelukke, vloede, stakings, brande, nog sterftes, onmin en oorlog tussen nasies oor die wêreld heen.

Elke lamppaal oppad skree desperaat dieselfde boodskappe – moord, haat, verkragting, korrupsie, armoede, honger.

Die man met die honger leë hande by die robot se geboë skouers is ‘n bewys van ons stukkende wêreld, maar gaan amper ongesiens verby.

By die kantoor aangekom , effens kriewelrig maar grotendeels onaangeraak deur al die noodkrete om ons, verbreed ons horisonne en lees ons op Sky News en BBC wat in die res van die wêreld aangaan. Nog moord, roof, honger, werkloosheid, hartseer, haat en oorlog.

Aan die einde van ‘n lang dag, uiteindelik terug in die veiligheid van ons eie huis slaak ons stilweg ‘n dankbare sug van verligting vir die genade van nog ‘n dag – want al hierdie dinge gebeur elders…net anderkant die grens van ons hoë mure en veiligheidshekke.

Hier waar ek vannaand my stukkende hart wil toedraai in ouma se liefde-kombers loop die trane skaamteloos oor my wange – maar dit is ‘n wegsteek huil.  Jy sien, ek huil oor my hondjie wat dood is. Hoe durf ek huil oor so ‘n klein hartseer in ‘n wêreld waar ons trane lank reeds opgedroog het vir die groot hartseer.  Miskien kan ons wêreld weer heel word as ons kan voel en huil vir al die hartseer en pyn om ons  - klein en groot. Dalk begin genesing by eerlike, opregte trane stort  hartseer eerder as om voort te baklei slegs vir oorlewing in ‘n traanlose wêreldse wildernis?

 

 

 

 

 

More Articles...

  1. Kersvader